Get Adobe Flash player
Jip, ons werk nog aan die site :)

Jip, ons werk nog aan die site :)

Welkom by worshipcomplete.com! Dit is vir my lekker om te kan begin skryf aan die inhoud van die blad aangesien die ontwikkeling van die site ‘n bietjie langer gevat het as wat ek gedink het. As ‘n mens jou bemoei met dinge waarvan jy nie veel kennis het nie, is dit maar ‘n leerproses en is ek verskriklik opgewonde om die “header” uiteindelik te kon regkry soos wat ek dit wou gehad het.

Ek is so moeg vir webblaaie wat net ‘n menu het en alles is gekategoriseer in ‘n struktuur. Die blad moet oor ‘n eenvoudige “interface” beskik, waarmee die verbruiker mee gemaklik sal wees vannaf die eerste besoek. So geen “sidebars” en “registrations” en dinge nie. Plain eenvoudig net Nuus en ander lekker dinge waarmee ons besig in die speelveld van die lewe wat daagliks vir ons gegee word deur ons Hemelse Pa, Jesus ons Redder en Bruidegom en God se Gees, die Helper en Trooster wat ons te lei in elke ding wat ons mag aanpak!

So geniet die ontwikkeling van die blad saam met ons en kom loer gereeld om te sien wat aan die gang is.